/ Wat is nuut
Die VoortrekkersKaaplandse VoortrekkersOom Vossie
Ons webblad kan gevind word by
http://kaapland.voortrekkers.org.za/ov
JIPEEEE - 2008 is hier en die Voortrekkers het weer begin!
By ons spankamers woel dit soos in 'n miernes! Oral waar mens kyk is dit net kinders en ma's en pa's.
Gelukkig is die wanorde net tot ons om 17:30 met ons spanbyeenkomste begin - dan is almal op hul pos en in hul spankamers.
Ouers met vrae kan vanaf 17:30 voor in die saal bymekaar kom waar al julle vrae beantwoord sal word.
Kom kyk en besluit vir jouself!
Ons spanvergaderings is by ons spankamers elke Vrydagmiddag in die skoolkwartaal tussen 17:30-18:45.

Die adres is Disasingel, Oakdale, BELLVILLE.

Ons kan gekontak word by (021) 975 3393 na ure of e-pos ons by [klik hier], kies net Oom Vossie op die lys.

Vir 'n kaart hoe om by ons uit te kom klik hier



Nuwe lede
Baie welkom aan al ons nuwe lede! Ons is verskriklik opgewonde en dankbaar vir al die nuwe lede wat by ons aangesluit het. Daar is sommer so 'n gezoem in ons kompleks op 'n Vrydag middag. (Seker die nuwe Bye span wat so besig is!)
Baie dankie vir die ouers wat die moeite doen om die kinders te bring en vir die positiewe gesindheid.
Lidmaatskap
As jy 'n lid wil word van ons kommando moet jy asseblief 'n lidmaatskap vorm (L1) voltooi. Klik hieronder op die skakel om die vorm af te laai, voltooi dit en handig asseblief by ons in. GEEN kind sal op enige uitstappie mag gaan as die vorm nie voltooi is en ingehandig is nie. (Lees ook gerus die brosjure - L8 vir meer inligting.)
Jy is eers 'n volwaardige lid as jou jaargeld betaal is en jou lidmaatskap vorm voltooi en ingedien is!
Vir die "Aansoek om lidmaatskap as Jeuglid vorm", klink hier.
Vir meer inligting en volwasse vorms, klik hier!

Voortrekkerdrag
Vir meer inligting, aanwerkinstruksies en vorms, klik hier!
Jaarprogram
Vir 'n volledige jaarprogram, klik net hier!
Vir 'n volledige offisiere jaarprogram, klik net hier!
Nuusbrief
Ons nuusbrief die Oom Vossie Fakkel #1 vir 2008 is uit.
Om die uitgawe te lees, klik hier!
Ons Oom Vossie Fakkel #2 vir 2007 is ook beskikbaar.
Om die uitgawe te lees, klik hier (hy is bietjie groot, amper 1.3 Meg so dit kan stadig wees op 'n huis rekenaar)!

Oom Vossie groei vir die 5'de jaar in 'n ry. In 2007 spog ons met 128 lede! Hou ons in 2008 dop ...

Na 'n 19% groei van 2006 af voel dit jy by 'n bynes instap as jy by ons spankamers kom op 'n Vrydag. Ons kommando se getalle is die hoogste sedert 1988, ons staan op 'n merkwaardige 119 lede in 2007. Van ons laagtepunt van 28 lede in 2002 is dit beslis 'n mylpaal. Is dit nie lekker om deel van sukses te wees nie. Nou is ons mikpunt om die 160 lede merk te breek wat die kommando se hoogtepunt in 1984 was.
Om dit nog interessanter te maak, ons jeuglede kom uit 14 verskillende skole
Laerskole: Totius-31, Bellpark-23, Eversdal-10, Bellville-Noord-9, Gene Louw-8, Kenridge-8, Panorama-8, Welgemoed 5, Jan Kriel-4 ....
Hoërskole: DF Malan-5, Bellville-4, Stellenberg-1.
Hou ons dop! Ons weet hoe om koers te hou - "Hou Koers"
Oom Vossie Voortrekkers - toekennings gemaak in 2007
Uitstaande Offisier(e) - Nig Bronwen en Neef Albert Gildenhuys
Uitstaande Drawwertjie - Cay Carelse (Pikkewyne)
Uitstaande Penkop - Philip Lombaard (Leeus)
Uitstaande Verkenner - Elra Schoeman (Pikkewyne)
Uitstaande PD Span - Tarentale
Uitstaande Verkenner Span - Luiperds
Wenner Spankamer inspeksie:
Penkoppe en Drawwertjies: Tarentale
Verkenners: Luiperds
Oom Vossie Voortrekkers - prestasies behaal
Ons kommando presteer ook sommer baie goed op, hieronder van die prestasies wat ons die afgelope paar jaar gehad het:
  • Oom Vossie Voortrekkers verwerf die trofee vir die kommando met die mees uitmuntende administrasie en goeie deelname vir 2006 en 2005 (dit is nou uit alle kommando's in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap).

  • Oom Vossie Voortrekkers is aangewys as die grootste kommando in Kaapland 2007, 4'de in 2006, 11'de in 2005, 10'de in 2004, 19'de in 2003 en 24'ste in 2002.

  • Kaaplandse Voortrekkers (dit is nou die Voortrekkers in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap) het 'n jaarlikse evaluering wat hulle t.o.v. alles kommando's doen. Met die evaluering het Oom Vossie ook uitgestaan:

  •   => 1'ste in Oord Tygerberg 2007, 2006 en 2005.
      => 1'ste in die Wes-Kaap 2007,2006 en 2'de in 2005.
      => 3'de in Kaapland (Noord-, Oos- en Wes-Kaap) 2007, 2006 en 5'de in 2005.
    Span indeling
    Ons spanne vir vanjaar is:
    Gr 0 - Penkoppe en Drawwertjies: Bye - Franchette Vermeulen
    Gr 1 - Penkoppe en Drawwertjies: Sebras - Suzan Venter
    Gr 2 - Drawwertjies: Uile - Riaan en Elmarie Britz
    Gr 2 - Penkoppe: Olifante - Morné Taylor
    Gr 3 - Drawwertjies: Seesterre - Belinda Coetzee
    Gr 3 - Penkoppe: Dolfyne - Matty Carelse
    Gr 4 - Drawwertjies: Tarentale - Petra Grobler
    Gr 4 - Penkoppe: Krokodille - Rudolph Heynemann
    Gr 5 - Drawwertjies: Volstruise - Lynette Flores Bartoli
    Gr 5 - Penkoppe: Visarende - Daniel Jacobs
    Gr 6 - Drawwertjies: Hasies - Elaine Olivier
    Gr 6 - Penkoppe: Renosters - Deon Maas
    Gr 7 - Penkoppe en Drawwertjies: Springbokke - Albert en Bronwen Gildenhuys
    Gr 8-Gr 10 - Verkenners: Pikkewyne - Elfrieda Bothma
    Gr 8-Gr 10 - Verkenners: Leeus - ???
    Gr 11 - Verkenners: Luiperds - Izak en Retha Hattingh
    Foto van ons lede

    "World of Birds" in Houtbaai gesinsuitstappie foto's
    Op 24 Maart 2007 het 57 Voortrekkers en 27 ouers 'n heerlike uitstappie gehad. Baie dankie aan Need Daniel wat vir ons die reëlings getref het.

    Vir al ons foto's van die gesinsuitstappie klik net hier!



    Die Dolfyne span is beslis 'n span wat nog groot dinge gaan laat gebeur, hou hulle dop!



    Nuutste foto's
    Ons potjiekos foto's is ook opgelaai. As daar iemand is met nog mooi foto's, e-pos dit asseblief vir Izak om ook by te voeg.








  • Foto's
    Klik op "Foto's" op die keuselys links, daar is sommer baie nuwe foto's bygevoeg van ons aktiwiteite van verlede jaar en vanjaar. Vlotvaart, potjiekos, kommandokamp, spankampe en ander. Klik net hier vir foto's.
  • Sien ook:



  • Kopiereg Oom Vossie Voortrekkers
    Adres: Posbus 1092, BELLVILLE, 7535 (of kom besoek ons by Disasingel, Oakdale, BELLVILLE)
    Tel: (021) 975 3393

    [E-pos Oom Vossie deur hier te klik]